Doemdoemsies Kempton Park - Musiek
Doemdoemsies Musiek Kempton Park

Musiek

Die doel van hierdie program is om musiek toeganklik en pret te maak vir kinders. Leerders word deur middel van ’n ouderdomsgepaste storie aan basiese musiekbegrippe blootgestel. Elke les is sorgvuldig saamgestel om leerders in ‘n multi-sensoriese ervaring te betrek en sodoende ‘n basiese kennis van musiekteorie vas te lê.

Musiekland is ‘n musiekprogram wat spesifiek geskryf is om leerders op ‘n prettige manier bloot te stel aan musiekteorie. Dit is ‘n innoverende program wat deur middel van stories, sang, dans en beweging jong musikante aan die betowerende wêreld van musiek blootstel.

Ons benadering is gegrond op die oortuiging dat elke kind ‘n unieke en bekwame musikant is. Gedurende hierdie musikale reis, sal leerders nie net ‘n liefde vir musiek ontdek nie, maar ook essensiële kognitiewe vaardighede ontwikkel, soos fokus, koördinasie en samewerking.

Doemsiemaats is FLINK in hul DOEN en DINK