Doemsies Kempton Park - Kultuur Bo
Doemsies Kultuur Kempton Park

Kultuur

By ons kleuterskool bied ons kultuur aan deur kreatiewe deelname aan die Nova Arte kunswedstryd. Maats vanaf gr. RRR kry die geleentheid om gediggies in Afrikaans en Engels te gaan opsê en ‘n sertifikaat en trofee daarvoor te ontvang.

Ons Graad R-groepe neem jaarliks deel aan groepitems soos spreekkoor en koor, alles onder leiding van gekwalifiseerde personeel. Die jaarlikse konsert gee elke Doemsie, groot en klein, die kans om hul talente te deel en hul selfvertroue sodoende te verbeter.

Doemsiemaats is FLINK in hul DOEN en DINK