Leerplanne & Verslae
Ons kleuters ontvang vier keer per jaar ’n verslag – in Maart, Junie, September en Desember. Elke kwartaalverslag word terugbesorg en saamgevoeg om die vordering van elke kind te monitor. Die finale verslag word in Desember huis toe gegee en kan bewaar word. Alle assessering word volgens die kurrikulum uitgevoer en vind deurlopend plaas, sodat ons seker maak dat elke kind genoegsame tyd kry om al hul mylpale te bereik.
By Doemdoemsies volg ons die Departementele CAPS-kurrikulum, geskik vir alle ouderdomsgroepe om optimale leer te verseker. Musiek is ook deel van ons leerplan, en met hierdie program ondersteun ons die kleingoed se holistiese ontwikkeling en groei.

