Instappies
Ons bied verskeie instappies op kampus wat perfek aansluit by die temas waarmee ons kleuters besig is. Elke instappie is sorgvuldig ontwerp om opvoedkundig en waardevol te wees, terwyl dit ook vol pret, ontdekking en kreatiwiteit is.
Kinders kry die geleentheid om prakties te leer, nuwe vaardighede te ontwikkel en saam met maats aktief deel te neem aan elke avontuur. Hierdie instappies help om leer betekenisvol en lewendig te maak, sodat elke kind met nuuskierigheid en selfvertroue groei

